Proverbs 28:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy wat sy land bewerk, sal brood hê in oorvloed;
Afrikaans (NLV) 2011 Iemand wat sy grond bewerk, sal volop hê om te eet. Wie met nuttelose dinge boer, sal armoede oes.
Afrikaans 1933/1953 Wie sy land bewerk, het volop brood; maar hy wat nietighede najaag, het armoede volop.
Afrikaans 1983 Wie sy grond bewerk, het volop om te eet; wie hom besig hou met nuttelose dinge, word brandarm.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie sy grond bewerk, eet hom versadig aan brood; maar wie nietighede najaag, sal hom versadig eet aan armoede.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer iemand in sy grond werk, dan sal hy genoeg hê om te eet. Wanneer hy dinge doen wat niks beteken nie, dan sal hy arm bly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wie hard werk, het genoeg om te eet. Wie rondstaan en niks doen nie, sal arm word.