Proverbs 28:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) 'n Man wat geweld aandoen met die bloed van iemand, moet na die kuil vlug; laat niemand hom laat staan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Moordenaar se gewete dryf hom die graf in. Niemand moet probeer om hom te help nie.
Afrikaans 1933/1953 'n Mens wat gedruk word deur die bloed van 'n mens, sal vlug tot by die graf; laat niemand hom vashou nie.
Afrikaans 1983 'n Man wat moord op sy gewete het, moet op die vlug bly tot sy dood toe. Niemand moet hom help nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Mens belas met die bloed van 'n ander, sal moet vlug, tot die dood toe – mense moet hom nie ondersteun nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer 'n persoon iemand vermoor het, dan sal hy moet aanhou vlug totdat hy ook sterf, en niemand moet hom help nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Moordenaar wat onskuldige mense doodmaak, verdien geen genade nie. Tot sy dood toe sal hy van God verlate wees. Niemand moet hom probeer help nie.