Proverbs 28:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die vors wat verstand ontbreek, is ook 'n groot verdrukker; maar hy wat hebsug haat, sal sy dae verleng. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Heerser sonder insig neig om ander te verdruk. ’n Regeerder wat uitbuiting haat, bly lank aan bewind. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Vors wat gebrek aan verstand het, is wel ryk aan afpersinge, maar die wat onregverdige wins haat, sal die dae verleng. |
| Afrikaans 1983 | As 'n heerser verstandigheid kortkom, is daar baie verdrukking; wie uitbuiting haat, lewe lank. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n •Leier wat 'n groot uitbuiter is, het 'n gebrek aan insig; hulle wat egter 'n weersin het in onregverdige wins, sal lank bly leef. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Onverstandige koning verdruk sy mense, maar 'n koning wat dit haat om oneerlik te wees, sal lank regeer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Regeerder sonder insig in die regte manier van lewe, sal sy mag misbruik. Wie wanpraktyke haat, sal lank regeer. |