Proverbs 28:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gelukkig is die man wat altyddeur vrees, maar hy wat sy hart verhard, val in die onheil. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mens wat altyd versigtig is, sal gelukkig wees. ’n Hardkoppige persoon sal in kwaad verval. |
| Afrikaans 1933/1953 | Gelukkig is die mens wat gedurigdeur vrees; maar hy wat sy hart verhard, sal in die onheil val. |
| Afrikaans 1983 | Dit gaan goed met 'n mens wat altyd versigtig is; maar iemand wat moedswillig is, sal ondergaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gelukkig is 'n mens wat voortdurend ontsag koester vir God! Maar wie sy hart verhard, stort in die ellende. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit gaan goed met iemand wat altyd bang is vir die Here, maar dit sal sleg gaan met iemand wat hardkoppig en ongehoorsaam is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wie die Here altyd liefhet, ervaar blydskap. Wie sy hart hard maak, sal nooit gelukkig wees nie. |