Proverbs 28:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy wat sy sondes bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartig wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wie sy oortredings verswyg, sal nie voorspoedig wees nie. Wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind. |
| Afrikaans 1983 | Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie sy oortredings bedek, sal nie sukses behaal nie; maar hy wat dit bely en dit laat vaar, ervaar ontferming. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer iemand sy sondes wegsteek, dan sal dit nie goed gaan met hom nie, maar wanneer hy sy sondes bely en ophou om sonde te doen, dan sal die Here weer goed wees vir hom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wie sy oortredings toesmeer, sal nooit gelukkig wees nie. Wie sy sonde bely en nooit weer slegte dinge wil doen nie, sal die Here se liefde ervaar. |