Proverbs 28:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie die regverdige op 'n slegte weg laat dwaal, hy sal in sy eie put val; maar die opregte sal goeie dinge in besit hê.
Afrikaans (NLV) 2011 Wie eerlike mense wegrokkel na die verkeerde pad, sal in sy eie strik trap. Mense wat onberispelik lewe, sal goeie dinge erf.
Afrikaans 1933/1953 Wie die opregtes laat verdwaal op 'n verkeerde weg, sal self in sy eie kuil val; maar die regskapenes sal die goeie beërwe.
Afrikaans 1983 Wie eerlike mense mislei sodat hulle die verkeerde pad loop, sal self in die gat val wat hy gegrawe het; die opregte sal voorspoed geniet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy wat opregtes laat afdwaal op 'n verkeerde pad, sal self in sy vanggat val; maar hulle wat onberispelik is, sal die goeie in besit neem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer iemand eerlike mense verlei sodat hulle verkeerd lewe, dan sal dit sleg gaan met hom, maar dit sal goed gaan met mense wat heeltemal reg lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wie verkeerde dinge teen gelowiges beplan, sal self in die put van ellende val. Wie die Here liefhet, sal die goeie van die lewe ervaar.