Proverbs 28:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die goddelose vlug as niemand agtervolg nie, maar die regverdiges is dapper soos 'n leeu. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Goddeloses vlug weg, al jaag niemand hulle nie. Regverdiges is so dapper soos leeus. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die goddelose vlug sonder dat daar 'n vervolger is, maar die regverdiges voel hulle veilig soos 'n jong leeu. |
| Afrikaans 1983 | Die goddelose hardloop weg al jaag niemand hom nie; die regverdiges het die moed van 'n leeu. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Goddelose vlug sonder dat iemand hom agtervolg, maar regverdiges is vol vertroue, soos 'n jong leeu. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Mens wat verkeerd doen, vlug, ook wanneer niemand hom jaag nie. Maar mense wat reg lewe, is so dapper soos 'n leeu. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Ongelowige se slegte gewete laat hom onrustig voel. Hy is soos iemand wat weghardloop al jaag niemand hom nie. ’n Gelowige ervaar kalmte. Hy is soos ’n leeu in sy veilige skuilplek. |