Proverbs 27:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Getrou is die wonde van 'n vriend; maar die soene van 'n vyand is bedrieglik.
Afrikaans (NLV) 2011 Die wonde veroorsaak deur iemand wat lief is vir jou is baie beter as die baie soene wat jou vyande jou wil gee.
Afrikaans 1933/1953 Die wonde deur een wat liefhet, is opreg bedoel, maar die soene deur 'n vyand is oorvloedig.
Afrikaans 1983 Op 'n vriend wat jou seermaak, kan jy reken; iemand wat jou haat, is oordadig met sy soene.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die wonde deur 'n geliefde toegedien, word opreg bedoel, maar oordrewe is die soene van iemand wat haat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer 'n vriend jou seermaak, dan doen hy dit omdat hy jou vriend wil bly. Wanneer iemand jou die hele dag wil aanhou soen, dan haat hy jou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Harde woorde van ’n goeie vriend is goed bedoel. Oordrewe vriendelikheid van mense van wie jy nie hou nie, is oneg.