Proverbs 27:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toorn is wreed, en toorn is verregaande; maar wie kan voor die afguns standhou? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Woede kan wreed wees en toorn ’n onstuitbare vloed, maar teen jaloesie is daar geen verweer nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Woede is wreed, en toorn kook oor; maar wie kan voor jaloersheid standhou? |
| Afrikaans 1983 | Iemand wat kwaad is, ontsien niks, sy woede is 'n onkeerbare vloed; teen jaloesie is niemand opgewasse nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Woede is wreed en toorn oorweldigend, maar wie kan staande bly voor jaloesie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer iemand kwaad is, dan is hy wreed, dit is soos baie water wat oor jou spoel. Wanneer 'n man jaloers is, dan kan jy nie teen hom bly staan nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar is iets wat nog verskrikliker is as ’n vinnige humeur. Dit is ’n jaloesie wat ’n mens verteer. |