Proverbs 27:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al sou jy 'n dwaas in 'n vysel tussen koring met 'n stamper stoot, tog sal sy dwaasheid nie van hom wyk nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al sit jy ’n dwaas in ’n stampblok en al maal jy hom tussen die graankorrels in die meule, jy sal sy dwaasheid nooit uit hom kry nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Al stamp jy die sot in 'n stampblok tussen graankorrels met 'n stamper, sy sotheid sal nie van hom wyk nie. |
| Afrikaans 1983 | Al stamp jy 'n dwaas in 'n stampblok, al stamp jy hom saam met sandkorrels in 'n vysel, jy sal sy dwaasheid nie uit hom uit kry nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Selfs as jy 'n sot tussen garskorrels in 'n stampblok stamp met 'n stamper, sal sy sotheid nie van hom wyk nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy kan 'n dwaas in 'n stampblok stamp, jy kan hom saam met sandkorrels stamp, maar jy sal nie sy dwaasheid uit hom kan stamp nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al kan jy ’n dom mens met ’n hamer slaan of hom fynmaal, sy domheid kry jy nooit uit hom uit nie. |