Proverbs 27:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Soos die fynpot vir silwer en die oond vir goud; so is 'n man tot sy lof. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Smeltkroes bepaal die gehalte van silwer, die vuuroond bepaal die suiwerheid van die goud. ’n Mens se waarde word bepaal deur wat mense van hom sê. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, so is 'n man volgens die roem wat hy geniet. |
| Afrikaans 1983 | Die waarde van silwer word in 'n smeltkroes getoets, dié van goud in 'n oond, dié van 'n mens aan die lof wat hy ontvang. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Smeltkroes is vir silwer, en 'n smeltoondjie vir goud, en 'n man word beoordeel volgens die lof wat hy ontvang. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Mens smelt silwer in 'n pot en hy smelt goud in 'n oond, en jy weet iemand is belangrik wanneer ander mense hom prys. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Soos silwer in vuur en goud in die smeltoond gelouter word, so word ’n mens se karakter in die harde leerskool van die lewe gevorm. |