Proverbs 27:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die hel en vernietiging is nooit vol nie; so word die oë van die mens nooit versadig nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die doderyk en die onderaardse diepte word nooit vol van dooie mense nie. So kry ’n mens se begeertes ook nooit ’n einde nie.
Afrikaans 1933/1953 Die doderyk en die plek van vertering word nie versadig nie; so word die oë van 'n mens nie versadig nie.
Afrikaans 1983 Die doderyk en die onderaardse diepte kry nie genoeg aan dooies nie; 'n mens se oë kry nie genoeg van begeer nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die •doderyk en die onderwêreld word nie versadig nie, en die oë van 'n mens word ook nie versadig nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die doderyk, die onderwêreld, word nooit vol nie, meer en meer mense sterf, en oë wil altyd meer en meer kyk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mense gaan voortdurend dood. Dit kry geen einde nie. So is ’n mens se begeertes ook. Dit word nooit versadig nie. Alles wat hy sien, wil hy hê.