Proverbs 27:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy wat sy vriend met 'n groot stem seën en vroeg in die môre opstaan, dit sal vir hom 'n vloek gereken word.
Afrikaans (NLV) 2011 As iemand vroegoggend sy buurman luidrugtig môre-sê, kan dit lyk of hy hom eerder vervloek.
Afrikaans 1933/1953 Wie vroeg in die môre sy naaste met 'n harde stem 'n seën toeroep, dit sal hom as 'n vloek aangereken word.
Afrikaans 1983 As iemand sy buurman vroegdag met 'n geskreeu môre-sê, kan mense dink hy is besig om hom te vervloek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie sy vriend luidrugtig seën toewens in die vroeë oggend – dit sal hom as 'n vervloeking toegereken word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer 'n persoon vroeg in die oggend hard skree om iemand te groet, dan sal mense miskien dink hy is besig om die man te vervloek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Iemand wat vroeg in die môre, terwyl almal nog slaap, sy buurman wakker maak om hom te groet is baie dom. Hy het geen gevoel vir die regte ding wat op die regte tyd gedoen moet word nie. Niemand wil iets met hom te doen hê nie.