Proverbs 27:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Neem sy kleed wat vir 'n vreemdeling borg is, en neem 'n pand van hom vir 'n vreemde vrou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vat iemand se klere as hy borg staan vir ’n vreemdeling. Hou dit as pand wanneer hy borg staan vir ’n vreemde vrou. |
| Afrikaans 1933/1953 | Neem sy kleed weg, want hy het vir 'n ander borg gestaan; en neem hom as pand vir 'n onbekende. |
| Afrikaans 1983 | As 'n vreemde vir iemand borg staan, vat sy klere van hom af; hou dit as pand, al staan hy borg vir 'n slegte vrou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Neem sy kleed, want hy het borg gestaan vir 'n vreemde, vir 'n vreemde vrou – neem 'n pand van hom!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer iemand borg gestaan het vir 'n mens wat hy nie ken nie, wanneer hy belowe het om te betaal wat iemand uit 'n ander land skuld, dan moet jy sy klere vat as jý iets van hom wil terugkry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Pas op vir vinnige finansiële transaksies. Sorg dat jy nie aan die kortste ent trek nie. Sorg vir waarborge. Veral as die ander party diep in die skuld is. |