Proverbs 27:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) My seun, wees wys en maak my hart bly, dat ek hom kan antwoord wat my smaad.
Afrikaans (NLV) 2011 As jy wys is, my seun, sal dit my gelukkig maak. Dan sal ek kan terugantwoord wanneer ek bespot word.
Afrikaans 1933/1953 Wees wys, my seun, en verbly my hart, sodat ek hom wat my smaad, kan antwoord gee.
Afrikaans 1983 As jy wysheid leer, my seun, sal dit my gelukkig maak en sal ek kan terugantwoord as ek weer skimpe oor jou hoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wees wys, my seun, en maak my hart bly, sodat ek die een wat my beledig, 'n antwoord kan gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) My seun, jy moet 'n wyse mens word. Dit sal my bly maak, en dan sal ek kan antwoord wanneer iemand wys dat hy dink ek is nie belangrik nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As jy probleme het, soek hulp by jou buurman. ’n Buurman wat naby is, is beter as ’n broer wat ver woon. ’n Jongmens wat weet hoe om reg te leef maak sy pa en ma gelukkig. Hy is ’n bewys dat hulle opvoeding geslaag het.