Proverbs 27:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jou eie vriend en jou vader se vriend, moenie verlaat nie; gaan ook nie in die huis van jou broer in op die dag van jou onheil nie, want 'n naaste wat naby is, is beter as 'n broer wat ver is.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie jou rug draai op jou vriend of op iemand wat jou pa se vriend was nie. Wanneer jy moeilikheid het, hoef jy nie na jou broer se huis te gaan nie. ’n Buurman wat naby is, is baie meer werd as ’n broer wat ver is.
Afrikaans 1933/1953 Moenie jou vriend en die vriend van jou vader verlaat nie, en kom nie in die huis van jou broer op die dag van jou teëspoed nie. 'n Buurman wat naby is, is beter as 'n broer wat ver is.
Afrikaans 1983 Moenie by 'n vriend wat al jou pa se vriend was, verbygaan na jou broer se huis toe as jy moeilikheid het nie: 'n buurman wat naby is, is meer werd as 'n broer wat ver is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jou vriend en die vriend van jou vader moet jy nie verlaat nie, en in die huis van jou broer moet jy nie kom op die dag van jou teenspoed nie; 'n buurman wat naby is, is beter as 'n broer wat ver is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As jy 'n vriend het, dan moet jy hom nie los nie, ook nie iemand wat jou pa se vriend was nie. Wanneer dit sleg gaan met jou, dan kan jou buurman wat naby is, vir jou beter help as jou broer wat ver is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vriendskappe is kosbaar. Moenie jou vriend of jou pa se vriendekring sommer verlaat nie.