Proverbs 26:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die bene van die kreupele is nie gelyk nie; so is 'n gelykenis in die mond van die dwase.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Spreuk uit ’n dwaas se mond is net so onbruikbaar soos die bene van ’n verlamde persoon.
Afrikaans 1933/1953 Soos die bene van 'n lamme slap afhang, so is 'n spreuk in die mond van die dwase.
Afrikaans 1983 'n Lam mens se bene hang nutteloos aan hom; net so nutteloos is 'n spreuk in die mond van 'n dwaas.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die bene van 'n verlamde hang slap, so is 'n spreuk in die mond van dwase.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Lam mens kan nie sy bene gebruik nie, dwase kan nie 'n spreuk gebruik wanneer hulle praat nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Soos ’n lam man se bene nutteloos hang, so is al hierdie spreuke in die mond van ’n dwaas. Dit beteken vir hom niks nie.