Proverbs 26:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Antwoord 'n dwaas nie volgens sy sotheid nie, sodat jy ook nie soos hy word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie ’n dwaas antwoord volgens sy dwaasheid nie anders word jy net soos hy.
Afrikaans 1933/1953 Antwoord 'n dwaas nie na sy sotheid nie, sodat jy ook nie net soos hy word nie.
Afrikaans 1983 Moenie 'n dwaas se vraag op net so 'n dwase manier beantwoord nie; hy sal dink jy is soos hy.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moenie 'n dwaas antwoord in ooreenstemming met sy sotheid nie, anders word jy ook dieselfde as hy.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As 'n dwaas dom dinge sê, en jy antwoord hom nie, dan sal hy dink jy is ook dom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dink baie mooi voordat jy ’n dom mens antwoord. Soms moet jy liewer stilbly. As jy iets sê, dink hy jy is ook dom.