Proverbs 26:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Brandende lippe en 'n goddelose hart is soos 'n potskerf wat met silwer skuim bedek is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Glasuur oor ’n potskerf, so is vleiende woorde wat uit ’n bose hart kom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Silwerskuim waarmee 'n potskerf oorgetrek is -- so is gloeiende lippe en 'n slegte hart. |
| Afrikaans 1983 | Soos om 'n potskerf met silwer oor te trek, so is dit om slegte bedoelings agter mooi woorde weg te steek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Soos glasuur wat op 'n potskerf aangebring is, so is vurige lippe en 'n bose hart. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer jy mooi dinge sê maar slegte dinge dink, dan is dit soos wanneer jy 'n stuk van 'n kleipot met silwer oortrek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Verf laat ’n goedkoop kleipot mooi lyk. So verbloem mooi praatjies en goeie maniere dikwels iemand se bose planne. |