Proverbs 26:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die woorde van 'n kwaadspreker is soos wonde, en dit gaan af na die binneste van die buik. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Na skinderstories luister mense graag, maar dit word maklik deel van jou lewe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die woorde van 'n kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste. |
| Afrikaans 1983 | 'n Geskinder is soos lekker kos, mense sluk dit so maklik. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die woorde van 'n kwaadstoker is soos lekkernye – dit gaan af na die binneste van die liggaam. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Skinderstories is soos lekkers, mense glo graag skinderstories. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Brokkies skindernuus is soos lekkergoed. Almal wil dit hoor. Hulle glo ook alles wat aan hulle vertel word. |