Proverbs 26:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Soos kole vir brandende kole en hout vir vuur; so is 'n twisgierige man om twis aan te wakker.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Bakleierige mens veroorsaak rusies, net soos gloeiende kole ’n vuur laat opvlam en soos droë hout ’n vuur laat vlam vat.
Afrikaans 1933/1953 Soos kole die gloed en hout die vuur laat opvlam, so is 'n twisgierige man om 'n twis aan te hits.
Afrikaans 1983 Daar is houtskool nodig vir gloeiende kole, hout vir 'n vuur, en 'n twissiek mens vir rusie stook.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gloeiende kole vir houtskool, hout vir 'n vuur, dit is 'n twissieke man by die aanblaas van 'n geskil.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar moet hout wees as jy wil vuurmaak, daar moet houtskool wees as jy warm kole wil hê, en daar moet iemand wees wat wil baklei as jy wil hê mense moet twis.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Soos gloeiende houtskool ’n sukkelende vuurtjie aanhelp en fyn houtjies groot vlamme maak, so veroorsaak ’n rusiemaker oral moeilikheid.