Proverbs 26:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Waar geen hout is nie, daar gaan die vuur dood; so waar daar geen lasteraar is nie, hou die twis op.
Afrikaans (NLV) 2011 Soos ’n vuur uitbrand as jy nie hout opgooi nie, so hou ’n rusie op as daar nie skinderpraatjies is nie.
Afrikaans 1933/1953 Deur gebrek aan hout gaan die vuur dood, en as daar geen kwaadstoker is nie, bedaar die twis.
Afrikaans 1983 Sonder hout bly 'n vuur nie brand nie; sonder 'n kwaadstoker hou 'n rusie nie aan nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sonder hout gaan 'n vuur dood, en in die afwesigheid van 'n kwaadstoker raak 'n stryery stil.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As daar nie hout is nie, dan kan 'n vuur nie brand nie, as niemand skinder nie, dan sal mense nie twis nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As daar nie hout is nie, gaan die vuur dood. En as daar nie ’n kwaadstoker is nie, is daar ook nie rusie nie.