Proverbs 26:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Soos 'n voël wat dwaal, soos 'n swaeltjie wat vlieg, so sal die vloek sonder oorsaak nie kom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ongeregverdigde vervloeking is soos dartelende voëltjies en ’n swaeltjie wat wegvlieg. Daar sal niks van kom nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Soos die voëltjie wegfladder, soos die swaweltjie wegvlieg, so is 'n vervloeking sonder oorsaak: dit kom nie uit nie. |
| Afrikaans 1983 | Soos voëltjies wat verbyvlieg en nie gaan sit nie, so gaan 'n vervloeking by jou verby as jy dit nie verdien nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Soos 'n voëltjie rondfladder, soos 'n swaeltjie wegvlieg, so is 'n onverdiende vervloeking – daar kom niks van nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As iemand jou vervloek wanneer jy niks verkeerd gedoen het nie, dan is dit soos voëltjies wat vlieg en nie gaan sit nie, dit gaan by jou verby. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al wens iemand jou slegte dinge toe, niks daarvan sal waar word nie. Soos verskrikte voëltjies wat wegvlieg, sal dit in die niet verdwyn. |