Proverbs 26:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy wat verbygaan en hom bemoei met twis wat hom nie toekom nie, is soos iemand wat 'n hond aan die ore vat.
Afrikaans (NLV) 2011 Om sommer in die verbygaan in te meng in ander mense se rusie is soos om ’n kwaai hond sommer aan sy ore te gryp.
Afrikaans 1933/1953 Hy wat 'n verbylopende hond aan die ore gryp, is een wat hom vererg oor 'n twis wat hom nie aangaan nie.
Afrikaans 1983 Iemand wat 'n kwaai hond sommer aan die ore pak, so is iemand wat woedend instorm in 'n rusie wat hom nie aangaan nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Iemand wat 'n hond aan sy ore gryp, so is 'n verbyganger wat hom vererg oor 'n geskil wat hom nie aangaan nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Iemand wat kwaad word en saam twis wanneer ander mense stry, is soos iemand wat 'n kwaai hond se ore gryp.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Om in te meng by ’n rusie waarmee jy niks te make het nie, is dom. Jy sal groot moeilikheid kry. Dis soos om ’n kwaai hond aan sy ore te gryp.