Proverbs 26:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sien jy 'n man wat wys in sy eie verwaandheid? daar is meer hoop op 'n dwaas as op hom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar is meer hoop vir ’n dwaas as vir iemand wat dink hy is baie slim. |
| Afrikaans 1933/1953 | Het jy 'n man gesien wat wys is in sy eie oë? Daar is meer hoop vir 'n dwaas as vir hom. |
| Afrikaans 1983 | Jy sien self: vir iemand wat dink hy het die wysheid in pag, is daar minder hoop as vir 'n dwaas. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sien jy 'n mens wat wys is in sy eie oë? Daar is meer hoop vir 'n dwaas as vir hom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer jy iemand sien wat dink net hý het wysheid, dan sien jy iemand met wie dit slegter sal gaan as met 'n dwaas. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ken jy ’n mens wat wys is in sy eie oë? Hy weet mos altyd beter. Wel, daar is ’n groter kans dat ’n dwaas sal verander as hy. |