Proverbs 26:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die groot God wat alles gevorm het, beloon die dwaas sowel as die oortreders. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Iemand wat ’n dwaas of ’n verbyganger van die straat af huur, is soos iemand wat sommer blindelings ’n pyl afskiet. |
| Afrikaans 1933/1953 | Soos 'n skutter wat alles in gevaar bring, is hy wat 'n dwaas huur, sowel as hy wat verbygangers huur. |
| Afrikaans 1983 | 'n Boogskutter wat nie omgee wie hy raakskiet nie, so is iemand wat 'n dwaas of sommer 'n verbyganger huur. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Boogskutter wat alles wond, so is hy wat 'n dwaas huur, wat verbygangers huur. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer jy 'n dwaas huur of jy huur enige iemand wat by jou verbykom, dan is jy soos iemand wat almal rondom jou wil skiet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie sommer enige een wat verbystap vir tuinwerk huur nie. Hy kan groot skade maak. Hy is soos ’n wag wat beheer verloor en op verbygangers skiet. |