Proverbs 25:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die hemel vir hoogte en die aarde vir diepte, en die hart van konings is ondeurgrondelik.
Afrikaans (NLV) 2011 So min soos iemand die hoogte van die lug of die diepte van die aarde kan bepaal, net so min kan iemand peil wat aangaan in die gedagtes van konings.
Afrikaans 1933/1953 Die hoogte van die hemele en die diepte van die aarde en die hart van die konings is ondeurgrondelik.
Afrikaans 1983 Soos die hoogte van die hemelruim en die diepte van die aardbodem, so kan konings se gedagtes ook nie gepeil word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Soos die hoogte van die hemel en die diepte van die aarde, is die hart van konings ondeurgrondelik.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Niemand weet hoe hoog die hemel is en hoe diep die aarde is nie, en niemand weet wat die koning alles dink nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Net so min as wat ons weet wat hoog bo in die hemelruim gebeur of wat in die dieptes van die aarde aangaan, net so min kan ons die gedagtes van regeerders peil.