Proverbs 25:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy wat nie oor sy eie gees heers nie, is soos 'n stad wat afgebreek is en sonder mure. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Iemand wat homself nie in bedwang kan hou nie, is soos ’n stad sonder ’n muur wat beskerming bied. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Afgebreekte stad sonder muur, so is 'n man wat sy gees nie kan inhou nie. |
| Afrikaans 1983 | 'n Stad sonder 'n muur om hom te beskerm, so weerloos is 'n mens as hy nie selfbeheersing het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Stad wat deurbreek is, sonder 'n stadsmuur, so is iemand sonder selfbeheersing. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Iemand wat homself nie kan regeer nie, is soos 'n stad wat nie meer 'n muur rondom hom het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Iemand sonder enige selfbeheersing is net so weerloos soos ’n groot stad sonder polisie of veiligheidswagte. Totale wanorde kan uitbreek. |