Proverbs 25:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | 'n Regverdige man wat voor die goddelose neerval, is soos 'n bedorwe fontein en 'n bedorwe fontein. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Regverdige mens wat swig voor die goddelose is soos ’n fontein vol modder, soos ’n put met vuil water. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Troebel fontein en 'n vuile bron, so is die regverdige wat wankel voor die goddelose. |
| Afrikaans 1983 | 'n Fontein, 'n put waarvan die water vuil en stink geword het, so is 'n regverdige wat hom tot 'n val laat bring deur 'n goddelose. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Modderige fontein, 'n besoedelde bron, so is 'n regverdige wat swig voor 'n goddelose. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Mens wat reg gelewe het en dan kies om dieselfde dinge te doen soos 'n persoon wat verkeerd lewe, is soos 'n fontein of 'n put vol vuil water. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As drinkwater vuil word en damme besoedel word, is dit sleg. So is dit ook as ’n gelowige die pad byster raak en verkeerde dinge begin doen. |