Proverbs 25:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Vertroue in 'n ontroue man in tyd van benoudheid is soos 'n gebreekte tand en 'n voet uit gewrig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Gebreekte tand, ’n voet wat swik, so is dit om in gevaar staat te maak op ’n onbetroubare mens. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Slegte tand en 'n voet wat swik, so is die vertroue op 'n ontroue in die dag van benoudheid. |
| Afrikaans 1983 | 'n Seer tand, 'n voet wat meegee, so is dit om in gevaar staat te maak op 'n onbetroubare mens. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Tand wat breek en 'n voet wat swik, so is vertroue op 'n verraderlike mens in 'n tyd van nood. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moenie dink dat 'n ontrou mens jou sal help wanneer dit sleg gaan met jou nie. 'n Ontrou mens is soos 'n stukkende tand of 'n lam voet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Iemand wat onbetroubaar is, is soos ’n vrot tand en ’n seer voet. Wanneer jy hom die nodigste het, laat hy jou in die steek. |