Proverbs 25:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | 'n Man wat valse getuienis teen sy naaste aflê, is 'n kap en 'n swaard en 'n skerp pyl. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Iemand wat vals getuienisse oor ’n ander versprei, is net so gevaarlik soos ’n knuppel, ’n swaard en ’n skerp pyl. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Knopkierie en 'n swaard en 'n skerp pyl, so is 'n man wat teen sy naaste as valse getuie optree. |
| Afrikaans 1983 | 'n Knopkierie, 'n swaard, 'n skerp pyl, so is 'n man wat vals teen sy naaste getuig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Hamer en 'n swaard en 'n skerp pyl, so is iemand wat as 'n vals getuie teen sy medemens getuig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Iemand wat 'n vals getuie teen 'n ander mens is, is soos 'n knopkierie, 'n swaard of 'n skerp pyl. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Liegstories en skinderpraatjies is soos ’n hamer, ’n mes en ’n skerp pyl wat iemand se lewe verwoes. |