Proverbs 25:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Trek jou voet terug uit jou naaste se huis; dat hy nie vir jou moeg word en jou so haat nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie te veel by jou buurman gaan kuier sodat hy te veel van jou sien en ’n weersin in jou kry nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sit jou voet selde in jou naaste se huis, sodat hy nie van jou genoeg kry en jou haat nie. |
| Afrikaans 1983 | Wees spaarsaam met jou kuiers by jou buurman; as hy jou te veel sien, hou hy naderhand nie meer van jou nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sit jou voet selde in jou medemens se huis, anders kry hy te veel van jou en ontwikkel 'n weersin in jou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moenie te veel by jou naaste kuier nie. As jy te veel by hom kom, dan sal hy nie meer lief wees vir jou nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie te veel by mense kuier nie. Hulle sal moeg word vir jou en later niks meer van jou hou nie. |