Proverbs 25:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Het jy heuning gekry? eet soveel as wat vir jou genoeg is, sodat jy nie daarmee versadig word en dit uitbraak nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer jy op heuning afkom, eet net tot jy genoeg gehad het. As jy te veel eet, gaan jy naar word.
Afrikaans 1933/1953 Het jy heuning gevind, eet tot jy genoeg het, sodat jy daar nie sat van word en dit uitspuug nie.
Afrikaans 1983 As jy op heuning afkom, eet net tot jy genoeg het; as jy te veel eet, word jy naar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As jy heuning vind, eet net tot jy genoeg het, anders kry jy te veel daarvan in en bring dit op.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer jy heuning kry, dan moet jy nie te veel eet nie. As jy te veel eet, dan sal jy naar word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Eet net genoeg. Soetgoed is lekker, maar jy moet weet wanneer om op te hou. As jy jou ooreet, voel jy gou-gou naar.