Proverbs 25:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Deur lank te verduur, word 'n vors oortuig, en 'n sagte tong breek die been. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Leier kan met geduld oorreed word. Versigtige woorde breek harde weerstand af. |
| Afrikaans 1933/1953 | Deur lankmoedigheid word 'n vors oorgehaal, en 'n sagte tong verbreek die gebeente. |
| Afrikaans 1983 | Met geduld kan iemand in 'n magsposisie tot ander insigte gebring word; met 'n versigtige benadering word weerstand afgebreek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Met geduld word 'n •aanvoerder oorreed, en 'n sagte tong breek gebeentes. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As jy baie geduldig is, dan kan jy met 'n regeerder praat en hom laat besluit om iets te doen, as jy vriendelik praat, dan sal hy miskien begin dink dat hy iets op 'n ander manier moet doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Met geduld kan jy selfs die belangrikste mense van ’n saak oortuig. Met mooipraat kan jy baie teëstand afbreek. |