Proverbs 25:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Soos die koue van sneeu in die oestyd, so is 'n getroue boodskapper vir die wat Hom stuur, want Hy verkwik die siel van sy HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vir die een wat hom stuur, is ’n betroubare boodskapper net so verkwikkend soos sneeu in die somerhitte van die oes. Hy gee vir sy werkgewer nuwe moed. |
| Afrikaans 1933/1953 | Soos die verkoeling van sneeu op 'n oesdag, is 'n betroubare boodskapper vir sy senders; want hy verkwik die siel van sy heer. |
| Afrikaans 1983 | Soos die verkoeling wat in die oestyd deur sneeu gebring word, so is 'n betroubare gesant vir dié wat hom gestuur het; hy gee dié in wie se diens hy staan, nuwe moed. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Soos die afkoeling deur sneeu op 'n oesdag is 'n betroubare boodskapper vir die een wat hom gestuur het; hy verkwik die siel van sy heer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer iemand 'n slaaf gestuur het en die slaaf het die boodskap reg gebring, dan is dit soos wanneer dit warm was en sneeu het dit lekker koel gemaak. Dit laat die slaaf se eienaar goed voel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Soos ’n beker koue water op ’n warm somersdag, so is die woorde van iemand wat jy werklik vertrou. Dit gee jou sommer nuwe moed vir die lewe. |