Proverbs 24:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die wysheid is te hoog vir 'n dwaas: hy maak sy mond nie oop in die poort nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Wysheid is buite die begrip van ’n dwaas. Wanneer hulle in die stadspoort beraadslaag, is hy nie in staat om sy mond oop te maak nie.
Afrikaans 1933/1953 Die wysheid is vir die sot te hoog; in die poort maak hy sy mond nie oop nie.
Afrikaans 1983 Wysheid is bo 'n dwaas se begrip; hy kan dit nie waag om sy mond oop te maak waar leiers beraadslaag nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wysheid is onbereikbaar vir 'n sot; in die stadspoort maak hy sy mond nie oop nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Dwaas verstaan niks van wysheid nie, wanneer leiers praat, dan kan hy nie saam met hulle praat nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wysheid is bo ’n dom mens se vuurmaakplek. Jy tref ’n domme ook nie aan tussen mense wat die lewe ken nie. Natuurlik omdat hy bang is hulle hoor sy domheid.