Proverbs 24:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want 'n regverdige val sewe maal en staan weer op, maar die goddelose sal in onheil val. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Selfs al val ’n regverdige mens sewe keer, hy sal elke keer weer opstaan. Die goddelose mens sal bly lê na net een ramp. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk. |
| Afrikaans 1983 | Al val die regverdige hoeveel keer, hy staan weer op, maar die goddeloses word deur rampe vernietig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want 'n regverdige sal sewe keer val en opstaan, maar goddeloses kom tot 'n val deur teenspoed. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Mens wat reg lewe, kan baie maal val, maar hy staan elke maal weer op. Maar wanneer die mense wat verkeerd doen, val, dan gaan dit sleg met hulle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Gelowige staan elke keer na ’n terugslag weer op. Mense wat die Here nie ken nie, oorleef dit nie. Hulle het nie die moed om weer van voor af te begin nie. |