Proverbs 24:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wag nie, o goddelose, op die woning van die regverdiges nie; sy rusplek nie bederf nie:
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie ’n regverdige mens by sy huis gaan voorlê en soos ’n goddelose mens sy woonplek verwoes nie.
Afrikaans 1933/1953 Loer nie, o goddelose, op die woning van die regverdige, verwoes sy verblyfplek nie.
Afrikaans 1983 Moenie soos 'n slegte mens die regverdige by sy huis gaan voorlê en sy woonplek verwoes nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moenie soos 'n goddelose die tuiste van 'n regverdige dophou nie; moenie sy rusplek verwoes nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moenie wag by die huis van die mens wat reg lewe nie, jy moenie planne maak om sy huis te verwoes nie. Mense wat verkeerd lewe, doen daardie dinge.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie soos ’n slegte mens op ’n medegelowige trap nie. Moenie sy eiendom beskadig of sy huismense seermaak nie.