Proverbs 24:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As jy sê: Kyk, ons het dit nie geweet nie; Beskou hy wat die hart oordink dit nie? en hy wat jou siel bewaar, weet hy dit nie? en sal hy nie elkeen vergelde volgens sy werke nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie jou verontskuldig en sê: “Ons het nie geweet nie.” Hy wat die gedagtes toets, weet mos wat waarheid is. Hy wat sy hand oor jou hou, weet wat waar is. God roep elkeen tot verantwoording vir wat hy gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 As jy sê: Kyk, ons het dit nie geweet nie! -- sal Hy wat die harte toets, dit nie merk nie? En Hy wat let op jou siel, Hy kom dit te wete. En Hy vergeld die mens na sy werk.
Afrikaans 1983 As jy sou sê: “Ons weet daar niks van af nie”, sal God wat die gedagtes toets, weet wat die waarheid is. Hy wat oor jou wag hou, Hy weet en Hy vergeld 'n mens vir wat hy gedoen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As jy sê, ‘Kyk, ons het dit nie geweet nie!’ sal Hy wat harte beoordeel, sal Hy nie daaraan aandag gee nie? En Hy wat jou lewe beskerm, sal Hy dit nie weet nie? Hy sal 'n mens vergeld ooreenkomstig sy dade.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy mag nie sê: “Ons het dit nie gesien nie,” want daar is Iemand wat in jou hart kyk, Hy weet wat gebeur en Hy kyk wat jy doen, Hy weet en Hy sal dieselfde aan jou doen wat jy aan ander mense doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie agterna sê jy het niks daarvan geweet nie. Die Here ken ons en weet wat ons dink. Vir Hom kan ons niks wegsteek nie. Hy oordeel elkeen volgens sy werke.