Proverbs 23:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want soos hy in sy hart dink, so is hy: Eet en drink, sê Hy vir jou; maar sy hart is nie met jou nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy sê: “Eet en drink gerus!” Hy bedoel dit nie, want hy sit en bereken hoeveel dit hom sal kos. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want soos hy in sy siel bereken, so is hy; eet en drink, sê hy vir jou, maar sy hart is nie met jou nie. |
| Afrikaans 1983 | want hy bly uitreken hoeveel dit hom kos. Dit is hoe hy is. Hy moedig jou aan om te eet en te drink, maar hy bedoel dit nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want in sy binneste maak hy somme; dit is hoe hy is. “Eet en drink!” sê hy vir jou, maar sy hart is nie by jou nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | want hy sit en dink hoeveel jy eet, dit is wat hy doen. Hy sê vir jou jy moet eet en drink, maar hy wil nie regtig hê dat jy dit moet doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moet hom nie vertrou nie, want hy stel nie eintlik in jou belang nie. Sy gasvryheid is skyn. |