Proverbs 23:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wil jy jou oë rig op wat nie is nie? want rykdom maak sekerlik vlerke; hulle vlieg weg soos 'n arend na die hemel.
Afrikaans (NLV) 2011 As jy nog na jou rykdom kyk, is dit eensklaps weg. Dit sal vlerke kry soos ’n arend en wegvlieg in die lug.
Afrikaans 1933/1953 Sou jy jou oë daarop laat afvlieg? Maar weg is dit! want skielik maak dit vir hom vlerke en vlieg soos die arend na die hemel toe!
Afrikaans 1983 Jy het nog skaars die rykdom gesmaak of dit is weg; dit kry vlerke en vlieg die lug in soos 'n arend.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sou jy jou oë net daarop rig? Dit is reeds weg! Want dit kry beslis vlerke; soos 'n arend vlieg dit weg in die lug.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Rykdom kan baie gou verdwyn, want dit kry vlerke en dit vlieg weg soos 'n arend.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Rykdom hou ook nie vir altyd nie. Dis soos ’n voël wat die een oomblik nog naby jou op ’n tak sit en dan skielik wegvlieg. So vinnig verdwyn geld.