Proverbs 23:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het my geslaan, moet jy sê, en ek was nie siek nie; hulle het my geslaan, en ek het dit nie gevoel nie; wanneer sal ek wakker word? Ek sal dit weer soek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy redeneer by jouself: “Hulle het my geslaan en ek het nie seergekry nie! Ek weet nie eers dat hulle my geslaan het nie. Wanneer ek wakker word, sal ek iets gaan soek wat ek kan drink.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle het my geslaan, sê jy dan, ek het geen pyn gevoel nie; hulle het my neergeslaan, ek het dit nie gemerk nie! [ (Proverbs 23:36) Wanneer sal ek wakker word? Dan sal ek dit weer opnuut soek. ] |
| Afrikaans 1983 | en jy dink: ek het dan nie seergekry toe hulle my geslaan het nie; ek het nie gevoel toe hulle my aangeval het nie! Wanneer word ek wakker? Ek wil maar weer iets gaan soek om te drink. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy sal dink: Hulle het my geslaan, maar ek het geen pyn gevoel nie; hulle het my afgeransel, maar ek het niks gemerk nie. Wanneer word ek wakker? Ek wil dit weer gaan soek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en jy dink: Hulle het my geslaan, maar ek het nie seergekry nie, hulle het my gestamp, maar ek het dit nie geweet nie. Jy dink: Wanneer word ek wakker? Ek wil nog wyn gaan soek om te drink. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Drank maak jou ongevoelig. Mense sal jou skop, maar jy sal dit nie eens voel nie. Hulle sal jou slaan, maar jy sal dit nie eens weet nie. Al waaraan jy dink, is drank. Jy kan nie wag dat die drankwinkel oopmaak en jy weer kan begin drink nie. |