Proverbs 23:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk nie na die wyn as dit rooi is, as dit sy kleur gee in die beker, as dit regop beweeg nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie dat jy verlei word deur die rooi glans van wyn, die vonkel in die beker, die gladde manier waarop dit in jou keel afloop nie.
Afrikaans 1933/1953 Kyk nie na die wyn as dit rooiagtig lyk, as dit sy glans gee in die beker, glad na binne gly nie:
Afrikaans 1983 Moenie dat die wyn jou verlei as dit so rooi is, so vonkel in die beker, so lekker smaak nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moenie na wyn kyk wanneer dit rooi skyn, sy glans in die beker gee nie – dit vloei te glad af!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moenie na die wyn kyk wanneer dit rooi is en blink in die beker nie, die wyn wat jy so lekker sluk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Pas maar op vir drank. Dit lyk mooi in die glas. Lekker as dit so skuim. ’n Mens slaan sommer maklik ’n hele paar doppe weg. Maar dink ook aan die nagevolge.