Proverbs 23:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie het wee? wie het droefheid? wie het twis? wie het gebabbel? wie het wonde sonder oorsaak? wie het rooi van oë?
Afrikaans (NLV) 2011 Wie het kopseer en lyfseer? Wie maak rusie en kla? Wie het onnodige kneusplekke? Wie se oë is bloedbelope?
Afrikaans 1933/1953 By wie is "Ag!"; by wie is "Wee my!"; by wie is getwis; by wie is geklaag; by wie is wonde sonder oorsaak; by wie is dofheid van oë?
Afrikaans 1983 Wie is dit wat sug en steun, wat rusie maak en kla, onnodig seerkry en bloedbelope oë het?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) By wie is daar smart? By wie is daar ellende? By wie is daar 'n gekyf? By wie is daar klagtes? By wie is daar onnodige wonde? By wie is daar bloedbelope oë?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wie is dit wat kla en sug, wie is dit wat twis? Wie is dit wat aanhou praat, wat seerkry maar hy weet dit nie? Wie het rooi oë?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kyk mooi na die mense om jou. Wie kerm? Wie het dronkverdriet? Wie stry met almal? Wie kla oor alles? Wie het ’n blouoog? Snyplekke aan sy lyf? En dit alles sonder rede. Wie se oë is rooi en moeg?