Proverbs 23:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die dronkaard en die vraat sal arm word, en lomerigheid sal 'n man met lappe beklee.
Afrikaans (NLV) 2011 Die dronklap en die vraat maak hulleself arm. Die roes van dronkenskap laat hulle in vodde loop.
Afrikaans 1933/1953 Want 'n drinker en 'n vraat sal arm word, en slaperigheid laat stukkende klere dra.
Afrikaans 1983 want die suiplap en die vraat word arm; dronkenskap laat jou in vodde loop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want 'n dronklap en 'n vraat sal verarm, en lomerigheid laat mens vodde dra.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) want mense wat altyd dronk is en mense wat altyd te veel eet, word arm, en al hulle klere is stukkend.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Suiplap en ’n vraat word gou arm. Stukkende klere is hulle voorland.