Proverbs 22:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy wat ongeregtigheid saai, sal nietigheid maai, en die roede van sy toorn beswyk.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Geweldenaar wat onreg saai, sal teëspoed oes. Ook sy verdrukking van ander sal tot ’n einde kom.
Afrikaans 1933/1953 Wie onreg saai, sal onheil maai; en die stok van sy grimmigheid sal verdwyn.
Afrikaans 1983 'n Koning wat onreg saai, sal teenspoed oes; daar sal 'n end kom aan sy hardvogtige heerskappy.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie onreg saai, sal boosheid oes, en die lat van sy woedebui sal tot niet gaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal sleg gaan met iemand wat slegte dinge doen aan ander mense, hy sal straf kry omdat hy dink hy kan doen wat hy wil.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Regeerder wat heeltyd verkeerde dinge doen, sal nog die aaklige gevolge daarvan dra. Sy regering sal nie lank hou nie.