Proverbs 22:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) 'n Verstandige mens sien die onheil en verberg hom, maar die eenvoudiges gaan voort en word gestraf.
Afrikaans (NLV) 2011 Iemand wat verstandig is, sien wanneer die onheil kom en kruip weg. Die onervare mens loop oopoë daarin vas en boet daarvoor.
Afrikaans 1933/1953 'n Skrander mens sien die onheil en verberg hom, maar die eenvoudiges gaan verder en word gestraf.
Afrikaans 1983 'n Verstandige mens sien onheil kom en vermy dit; onervare mense loop oop oë daarin en boet daarvoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Slim mens sien gevaar en skuil, maar onverstandiges gaan voort en betaal die prys.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Verstandige mens sien wanneer daar probleme kom, en hy vlug. Mense wat baie min weet, vlug nie, en hulle kry swaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Slim mens weet wanneer gevaar dreig. Hy weet hoe om dit te vermy. ’n Dom mens ken nie die lewe nie. Hy sukkel maar net aan.