Proverbs 22:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sien jy 'n man wat ywerig is in sy werk? hy sal voor konings staan; hy mag nie voor gemene mense staan nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sien jy iemand wat bedrewe is in sy beroep? Hy werk vir konings en nie vir gewone mense nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sien jy 'n man wat vaardig is in sy werk -- hy kan voor konings staan, hy hoef nie voor geringes te staan nie. |
| Afrikaans 1983 | Jy sien self: iemand wat vaardig is in sy werk, kom in die diens van konings, nie in die diens van mense sonder aansien nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sien jy 'n man wat knap is in sy werk? Voor konings sal hy in diens staan; hy sal nie in diens van onaansienlikes staan nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet dit weet, 'n man wat vaardig is in sy werk, sal vir konings werk, hy sal nie werk vir onbelangrike mense nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ken jy ’n goeie vakman wat hard en getrou werk? Hy is by almal in aanvraag. Belangrike mense soek sy dienste. Hy sal dit nog ver bring in die lewe. |