Proverbs 22:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Buig jou oor en hoor die woorde van die wyses, en pas jou hart op my kennis.
Afrikaans (NLV) 2011 Gee aandag en luister baie goed na wat die wyse mense sê. Probeer verstaan wat ek jou wil leer.
Afrikaans 1933/1953 Gee gehoor en luister na die woorde van die wyse manne, en let op my kennis.
Afrikaans 1983 Luister goed, luister wat die wyse mense sê; probeer verstaan wat ek jou wil leer uit wat ek weet,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Spits jou oor en luister na die woorde van wyses! En jou hart, stel dit in op my kennis!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet goed luister na wat die wyse mense sê, jy moet hard probeer om te leer,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Spits jou ore! Luister mooi na die wenke vir ’n wonderlike lewe. Maak alle inligting oor die regte manier van lewe jou eie. Dink daaroor na.