Proverbs 22:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy wat die arme verdruk om sy rykdom te vermeerder, en hy wat aan die rykes gee, sal sekerlik gebrek kry.
Afrikaans (NLV) 2011 Wie arm mense verontreg om homself te verryk, of vir die rykes geskenke gee, sal self in armoede verval.
Afrikaans 1933/1953 Wie die arme verdruk, bevoordeel hom; hy wat aan die ryke gee, verarm hom net.
Afrikaans 1983 Wie arm mense uitbuit, verryk homself; wie aan ryk mense geskenke gee, word self arm.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie 'n arm mens uitbuit om vir homself meer te kry, en aan 'n ryk mens geskenke gee – dit lei net tot gebrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Iemand wat arm mense verdruk, wil homself ryk maak, maar iemand wat presente gee vir ryk mense, word self arm.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God help die armes! Veral as mense hulle uitbuit. Wie geld op rykes bestee, moet net gee en gee. Naderhand het hy niks meer oor nie.